初中什么时候开学| 蔗糖脂肪酸酯是什么| 胎方位loa是什么意思| 吃三七粉有什么功效| 没必要什么意思| 夫妻少配无刑是什么意思| 私人订制什么意思| mds是什么意思| 空囊是什么意思| 丝瓜炒什么好吃| 高粱是什么| 肥肠炒什么菜好吃| 唱腔是什么意思| 跑酷是什么运动| 吃海带有什么好处| Zucchini是什么意思| 嗳气是什么原因| 合肥古代叫什么| 梦见虱子是什么意思| md是什么学位| 浮尘是什么意思| 破伤风疫苗什么时候打| 卡介疫苗什么时候打| 丹参的功效与作用是什么| icd医学上是什么意思| 拔完牙能吃什么| 未见血流信号是什么意思| 陪伴是最长情的告白下一句是什么| 血压高挂什么科| 吃了避孕药有什么副作用| 蜜枣是什么枣做的| 坐位体前屈是什么| 朝秦暮楚是什么意思| 经常出鼻血是什么原因| 为什么冬天会下雪| 孕期心情不好对胎儿有什么影响| 夫妻肺片是什么肉| 黄金糕是什么做的| 湿气重是什么引起的| 猫咪吐黄水有泡沫没有精神吃什么药| 今天是什么生肖日| 右手心痒是什么预兆| 观音菩萨姓什么| 梦见把老鼠打死是什么意思| mlb是什么品牌| 病毒性感冒咳嗽吃什么药效果好| 调理牛肉是什么意思| 荷叶搭配什么一起喝减肥效果好| 南瓜不能和什么一起吃| 倒打一耙的前一句是什么| 陈赫是什么星座的| 鹦鹉喜欢吃什么东西| ckd是什么意思| 心绞痛挂什么科| 腰背疼痛挂什么科| 东吴在现在什么地方| 乌鸡白凤丸男性吃治疗什么| 额头爱出汗是什么原因| 鸡皮肤用什么药膏最好| 右肾钙化灶是什么意思| 什么叫丁克| 退行性病变是什么意思| 为什么会长瘤| 收缩压和舒张压是什么| 立春是什么时候| 肾蕨是什么植物| 咳嗽吃什么好的快偏方| 坐阵是什么意思| 气虚是什么原因造成的| 会阴是什么| 米饭配什么菜好吃| 铁观音茶属于什么茶| 干咳吃什么药| 倩字五行属什么| 黄豆吃多了有什么坏处| 大姨妈来了喝红糖水有什么功效| 贫血喝什么茶| 右眼皮跳什么原因| kalenji是什么品牌| 秋天有什么植物| 女人练瑜伽有什么好处| 舌头溃疡是什么原因造成的| 甲状腺吃什么药| 化疗后吃什么排毒最快| 双鱼座有什么特点| 修女是什么意思| 10个月的宝宝吃什么辅食最好| 为什么同房会痛| 池鱼是什么意思| 浑身疼是什么原因| 翡翠和玉的区别是什么| 鸡蛋黄发红是什么原因| comma是什么意思| 梦见锁门是什么意思| 丝状疣用什么药膏最好| 晚上吃什么水果减肥效果最好| 漱口杯什么材质好| 男性早泄吃什么药| 黑洞是什么东西| 1027是什么星座| naps是什么意思| 什么是香油| 腈纶是什么面料优缺点| 狗的鼻子为什么是湿的| 吃什么能增强免疫力| 不硬的原因是什么| 髂静脉在什么位置| 维生素c吃多了有什么危害| hrd阳性是什么意思| 粉底和气垫的区别是什么| 半夜是什么生肖| 血糖高吃什么水果| 胡饼是什么| 谷草转氨酶偏高是什么原因| 梦到怀孕生孩子是什么意思| 双子座是什么星座| 七月五号是什么星座| 暮光是什么意思| 胃炎不能吃什么| 为什么天气热皮肤就痒| 吃什么能提高记忆力| 6月18号什么星座| 嘉庆叫什么名字| bang什么意思| 尿道感染要吃什么药才能快速治好| 妇检tct是什么检查| 轴距是什么意思| 独美是什么意思| 复方氨酚烷胺片是什么药| 尿泡沫多是什么原因| 重阳节是什么生肖| 抗核抗体阳性对怀孕有什么影响| 人类什么时候灭绝| 血红蛋白偏低是什么意思| 倒贴是什么意思| 人的三观是什么| 07是什么生肖| 宝宝拉水便是什么原因| 牛蒡是什么东西| 霸道是什么意思| 清水文是什么意思| 文书是什么| 古惑仔是什么| 慎重的意思是什么| 阴道黑是什么原因| 乙酉日五行属什么| 叔叔的女儿叫什么| 女主是什么意思| 公关是什么工作| 水中加什么擦玻璃干净| 蜘蛛的天敌是什么动物| 心梗做什么手术| 肾气不足有什么症状| 澳门什么时候回归祖国| 经常腿麻是什么原因| 夜排是什么意思| 京东京豆有什么用| 动态心电图能检查出什么病| 鸡皮肤是什么原因引起的| 水煎服是什么意思| 人体出汗多是什么原因| 心电图是什么| 尿急尿频尿不尽吃什么药| 紧凑是什么意思| cba新赛季什么时候开始| o型阴性血是什么意思| hm是什么牌子| 长方形纸能折什么| 一语道破什么意思| 颢读什么| 什么叫四大皆空| 什么是spa| 眼袋是什么原因造成的| 小基数是什么意思| 明前茶和明后茶有什么区别| 什么是早谢泄图片| 首鼠两端是什么意思| 点了斑不能吃什么| 脆生生是什么意思| 吴亦凡属什么生肖| 牙膏属于什么类商品| 豆豉是什么| 梦见前夫是什么兆头| 面色潮红是什么原因| 幽门梗阻是什么意思| 新生儿痤疮用什么药膏| 2333是什么意思啊| 什么是向量| 为什么疤痕会增生| 脾的作用是什么| com是什么| 晚上睡不着觉是什么原因| 陈醋和蜂蜜一起喝有什么好处| 北京的简称是什么| 电疗有什么作用和功效| 婴儿第一次理发有什么讲究吗| bb霜是什么| 吃莲子有什么好处| 腰膝酸软是什么症状| 为什么叫水浒传| 雪燕适合什么人吃| ecco是什么品牌| 用加一笔是什么字| 有点尿就想尿什么原因导致的| 动爻是什么意思| 肠胃炎需要做什么检查| 火克什么| 熠字五行属什么| 月半是什么意思| bulova是什么牌子的手表| 贴切是什么意思| ur是什么| 出阁宴是什么意思| 非球面镜片是什么意思| pp材质是什么材质| 弱精症有什么症状表现| 9.7是什么星座| 七嘴八舌是什么生肖| 慎用是什么意思| 脑震荡挂什么科| 皮肤细菌感染用什么药| 什么病会引起背部疼痛| 可遇不可求是什么意思| annie英文名什么意思| 笑字五行属什么| 蝶窦炎是什么病| 绘本是什么| 肚脐下方疼是什么原因| 明月对什么| 拉仇恨是什么意思| 吃什么水果对子宫和卵巢好| 早晨起来口苦是什么原因| 奶奶过生日送什么礼物| 转氨酶高是怎么回事有什么危害| 做什么能快速赚钱| 五行火生什么克什么| 什么是水洗棉| 鹰嘴豆是什么| 双向什么意思| ebay是什么| z世代是什么意思| 胎儿左心室强光斑是什么意思| 图号是什么| 大鼻是什么生肖| 人生得意须尽欢什么意思| 梦到前任预示着什么| 赵本山什么学历| 梦见小羊羔是什么意思| 上唇肿胀是什么原因| 痔疮不治会有什么危害| 右眼一直跳是因为什么原因| 什么的尘土| 大小三阳是什么病| 无创低风险是什么意思| 什么叫钙化了| 安全是什么| 什么开什么笑| 脱落细胞学检查是什么| 丹参滴丸治什么病| 雄鹰是什么意思| 什么工作赚钱| 什么叫单亲家庭| 小厨宝是什么东西| kiko是什么意思| 百度Gaan na inhoud

台行政机构吁民众不要抢购卫生纸 将展开调查维护市场秩序

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republiek Mosambiek
República de Mo?ambique (Portugees)
Vlag van Mosambiek Wapen van Mosambiek
Vlag Wapen
Volkslied: Pátria Amada
(Portugees vir: "Geliefde vaderland")
Ligging van Mosambiek
Hoofstad Maputo 百度 相比之下,1997年,这支部队曾有6200辆第1代主战坦克和1600辆第2代主战坦克。

25°57′S 32°35′O / 25.950°S 32.583°O / -25.950; 32.583

Grootste stad Maputo
Amptelike tale Portugees
Regering Unitêre presidensi?le
grondwetlike republiek
Daniel Chapo
Maria Benvinda Levy
Onafhanklikheid
? van Portugal
? Huidige grondwet

25 Junie 1975
21 Desember 2004
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
799 380[1] km2  (36ste)
308 642 myl2
2,2
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2017-sensus
 - Digtheid
 
33 350 954[1] (46ste)
27 909 798
41,7 / km2 (178ste)
108,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$64,020 miljard[2] (121ste)
$1 787[2] (187ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$24,545 miljard[2] (128ste)
$685[2] (185ste)

MOI (2022) 0,461[3] (183ste)  –  laag
Gini (2019) 50,3[4] –  hoog
Geldeenheid Metical (MZN)
Tydsone
 - Somertyd
SAT (UTC+2)
nie toegepas nie (UTC+2)
Internet-TLD .mz
Skakelkode +258

Mosambiek (Portugees: Mo?ambique, [mus???bik?]), amptelik die Republiek Mosambiek (República de Mo?ambique, [???puβlik? e? mus???bik?]), is 'n land in Suider-Afrika, wat grens aan Suid-Afrika, Eswatini, Tanzani?, Malawi, Zambi? en Zimbabwe. Die Comore-eilande is gele? langs die noordoostelike kus en Madagaskar oorkant die Mosambiekkanaal. Mosambiek is 'n lid van die Gemeenskap van Portugese Lande (CPLP), die Statebond en die Afrika-unie.

Soos ander voormalige Portugese kolonies in Afrika het ook Mosambiek sy ontstaan as geografiese en politieke entiteit aan Portugese pogings te danke om 'n seeroete rondom die vasteland van Afrika na die rykdomme van Asi? te vind en te beskerm. Hiervoor het Vasco da Gama en sy opvolgers forte in Beira (Sofala), Quelimane en op Mosambiekeiland opgerig. Met die Nederlandse verowering van Portugees-Asi? in die 17de eeu het die klem in Portugal se ekonomiese en strategiese belange verskuif na die slawehandel tussen Wes-Afrika en die Amerikas, terwyl nedersettings in Mosambiek in verval begin raak het. Die land het sodoende die verwoestings, wat deur die slawehandel in ander dele van Afrika gesaai is, grotendeels gespaar gebly. Ook was dit 'n toevlugsoord in tye van oorlog. So is Mosambiek nie op dieselfde skaal ontvolk soos byvoorbeeld Angola nie.[5]

In die najaar van 2011 het die ontdekking in Cabo Delgado-provinsie van aardgasreserwes, wat blykbaar so groot is soos dié van Katar, tot 'n herwaardering van Mosambiek se ekonomiese potensiaal gelei. Die land kan dalk 'n groot uitvoerder van aardgas op die wêreldmark word. In die middel 2017 het 'n Islamitiese militante insurgensie in Cabo Delgado begin wat, soos gevrees word, tot onstabiliteit in Noord-Mosambiek kan lei.[6]

Etimologie

[wysig | wysig bron]

Die land is deur die Portugese Mo?ambique genoem na die Mosambiekeiland, afgelei van Mussa Bin Bique, Musa Al Big, Mossa Al Bique, Mussa Ben Mbiki of Mussa Ibn Malik, 'n Arabiese handelaar wat die eiland eers besoek en later daar gewoon het[7] en nog gelewe het toe Vasco da Gama dié eiland in 1498 besoek het.[8] Die eilanddorp was tot in 1898 die hoofstad van die Portugese kolonie, toe dit suidwaarts na Louren?o Marques geskuif is (nou Maputo).

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Voorkoloniale periode

[wysig | wysig bron]
'n Tradisionele seilboot aan die kus van Noord-Mosambiek
Portugese kolonies in Afrika tydens die Portugese Koloniale Oorlog
Kaart van Mosambiek

Die eerste bewoners van die land was die San, die voorvaders van die Khoisan, 'n volk van jagters en versamelaars van kos. In die tydperk tussen die 1ste en 4de eeu begin groepe van Bantoe-stamme vanuit die weste en noorde na die Zambesiriviervallei en later ook geleidelik na die plato en kusgebiede verhuis. Die Bantoevolke was boere en het ook yster bewerk.

Portugese koloniale periode tussen tussen 1498 en 1885

[wysig | wysig bron]

Toe die Portugese seevaarder Vasco da Gama Mosambiek in 1498 op pad na Indi? bereik het, was daar reeds 'n aantal Arabiese handelsposte langs die kus en op die eilande gevestig, wat eeue lank ook slawehandel bedryf het. Vanaf 1505 het die Portugese begin om die gebied geleidelik te koloniseer. Portugese handelsposte en forte het as basisse vir handelskepe gedien wat langs die nuwe seeroete op pad na die Verre Ooste geseil het. Later het handelaars en delwers op soek na negerslawe en goud ook die binneland van Mosambiek deurdring.

Alhoewel die Portugese invloed geleidelik versterk is, was dit nogtans beperk en is dit meestal uitgeoefen deur individuele setlaars en beamptes, wat verregaande outonomie geniet het. Gevolglik was daar 'n gebrek aan beleggings uit die moederland, terwyl die Portugese owerhede hulle eerder op die winsgewende handel met Indi? en die Verre Ooste en die kolonisering van Brasili? gekonsentreer het. So het die invloed van Portugal – en Portugees as omgangstaal – eeue lank beperk gebly tot die kusgebied langs die Indiese Oseaan (met 'n lengte van bykans 3 000 km) en die Zambesivallei.

Portugese koloniale bewind vanaf 1885

[wysig | wysig bron]

Die Koloniale Konferensie van Berlyn, wat in 1884 en 1885 in die Duitse Rykshoofstad gehou is, het die volkeregtelike erkenning van enige Europese koloniale moondheid se gebiedsaansprake in Afrika afhanklik gemaak van bepaalde voorwaardes. Die belangrikste daarvan was die effektiewe beheer van 'n gebied deur middel van gevestigde administratiewe strukture, polisie- en militêre magte. Portugal het vervolgens aktiewe stappe onderneem om die hele Mosambiek te beset – waarvoor in die suide van die land ook militêre geweld gebruik is – en sy administrasie tot die verste uithoeke van Mosambiek uit te brei. Hierdie proses is eers ná die Eerste Wêreldoorlog voltooi.

Tot en met 1942 het die Portugese owerheid sekere regte, bevoegdhede en verantwoordelikhede oorgedra aan privaatondernemings. Teen die vroe? 20ste eeu was die administrasie van groot dele van Mosambiek reeds in die hande van groot privaatmaatskappye, soos byvoorbeeld die Mosambiekse Kompanjie, die Zambezi-Kompanjie en die Nyassa-Kompanjie. Hulle is oorwegend deur Britte beheer en gefinansieer, wat ook die spoorweglyne na die buurlande gebou en die myne en plantasies van die nabygele? Britse kolonies en Suid-Afrika van swakbetaalde Swart werkers – en dikwels ook Swart dwangarbeiders – voorsien het.

Gedurende die eerste dekade van formele kolonialisme het die suidelike landsdele opmerklike ekonomiese groei getoon wat hoofsaaklik aan Louren?o Marques se ligging naby die goudvelde van die Witwatersrand in Suid-Afrika te danke was. Met die voltooiing van die NZASM-spoorlyn, wat die hawestad met die Witwatersrand verbind het, is sowat 'n derde van dié streek se goud- en mineraaluitvoere deur Louren?o Marques se seehawe verskeep.[9]

Aangesien die ekonomiese beleid daarop gemik was om Portugese immigrante en die moederland te bevoordeel, is min aandag geskenk aan die nasionale integrasie van Mosambiek, sy infrastruktuur en die opleiding van sy bevolking. Derhalwe het die getal Portugese in die land aanvanklik betreklik klein gebly.

Mosambiek ná die Tweede Wêreldoorlog

[wysig | wysig bron]

Terwyl die meeste Europese koloniale moondhede ná die Tweede Wêreldoorlog onafhanklikheid aan hulle kolonies in Afrika verleen het, het Portugal Mosambiek net soos sy ander besittings steeds as oorsese provinsies van die moederland beskou, en 'n groot aantal Portugese het hulle in die kolonies gevestig. Nogtans het dele van die nie-blanke bevolking van Mosambiek na onafhanklikheid gestreef, en in 1962 het 'n aantal politieke groeperings, wat teen die Portugese heerskappy gekant was, hulle verenig om saam die Bevrydingsfront van Mosambiek (FRELIMO) te stig. FRELIMO begin in September 1964 sy gewapende stryd teen die Portugese koloniale regering in wat bekend staan as die Mosambiekse Vryheidsoorlog.

Desondanks was baie Mosambiekers nie ten gunste van 'n onafhanklike staat nie, en min mense het die gewapende stryd teen die Portugese, wat die land immers vierhonderd jaar lank oorheers het, goedgekeur. Alhoewel FRELIMO en ander guerillamagte deur die Volksrepubliek China en die Sowjetunie van wapens voorsien is, is hulle deur Portugese troepe in bedwang gehou.

Mosambiek as onafhanklike staat

[wysig | wysig bron]
Meer as 20 000 Mosambiekers was tussen 1979 en 1989 as kontrakarbeiders in die Duitse Demokratiese Republiek werksaam. Na hulle word in Mosambiek as Madgermanes verwys. Sommige van hulle wag steeds daarop dat uitstaande lone deur die Mosambiekse regering uitbetaal word.[10]

Ná tien jaar van sporadiese gevegte het FRELIMO slegs klein dele van die land oorheers. Ná die staatsgreep van 25 April 1974, waarin Sosialisties-gesinde troepe onder die leiding van 'n groep junior militêre offisiere die outoritêre Caetano-bewind in Lissabon be?indig het, is die besluit geneem om onafhanklikheid aan die kolonies te verleen. Mosambiek het op 25 Junie 1975 'n onafhanklike staat geword. Die eerste (nie-verkose) president was Samora Machel.

Burgeroorlog

[wysig | wysig bron]

In die volgende sestien jaar is Mosambiek deur 'n burgeroorlog tussen die FRELIMO, wat deur die Sowjetunie en ander Oosbloklande ondersteun is, en die pro-Westerse weerstandsbeweging RENAMO verwoes, wat meer as 900 000 menselewens ge?is het. Groot dele van die land se infrastruktuur is as gevolg van oorlogshandelinge vernietig, terwyl die bevolking getraumatiseer is deur die meedo?nlose manier, waarop die konflikpartye die oorlog gevoer het. Selfs kinders is as vegters ingespan. RENAMO is onder meer deur Rhodesi? en Suid-Afrika ondersteun. Intussen het RENAMO 'n politieke party geword wat veral in die noorde baie aanhangers het.

Vredestyd

[wysig | wysig bron]
Die president van Mosambiek, Daniel Chapo

President Machel het in 1986 die slagoffer van 'n vliegtuigramp geword, en die FRELIMO-party is steeds meer deur sy Marxistiese vleuel oorheers, wat die nywerhede genasionaliseer en kollektiewe boerdery gestig het. Die emigrasie van opgeleide Blanke vaklui het die ekonomie erg getref.

Tog het die land ná die einde van die oorlog in 1992 tydens die presidentskap van Joaquim Chissano tot een van Afrika se modelstate ontwikkel, wat met 'n gemiddelde groeikoers van sowat tien persent gespog het. Westerse lande het Mosambiek van sy skuldlas bevry en ontwikkelingshulp verleen. Sedert 1995 is Mosambiek saam met Gaboen, Rwanda en Togo die enigste lid van die Britse Statebond wat vroe?r geen Britse kolonie was nie.

President Chissano het met die verkiesings van Desember 2004 afgetree. Sy opvolger, Armando Guebuza, 'n welgestelde sakeman, is een van die stigterslede van FRELIMO en word dikwels as onverbiddelik beskryf. In 1975 het hy as Minister van Binnelandse Sake die Portugese inwoners net 24 ure gegun om die land te verlaat. Vandag is hy 'n sakeman en miljoenêr. Guebuza het die presidentsverkiesing van 2004 gewen in nege van die elf provinsies, terwyl sy vernaamste teenstander, Afonso Dhlakama, leier van die voormalige rebellegroep Renamo, 'n oorwinning in die ander twee provinsies behaal het. Die uitslag van die verkiesing is meer as twee weke uitgestel na bewerings van knoeiery deur opposisiepartye.

Die huidige staatspresident, Filipe Jacinto Nyusi (FRELIMO) het die presidensi?le verkiesing van 15 Oktober 2014 gewen. Hy is op 15 Januarie 2015 ingesweer.

Islamitiese insurgensie

[wysig | wysig bron]

Sedert 2015 word Mosambiek in die noordelike Cabo Delgado-provinsie met 'n voortslepende insurgensie deur Islamitiese groepe gekonfronteer.[11][12][13] In September 2020 het ISIS-insurgente die aflandige Vamizi-eiland oorgeneem en tydelik beset.[14][15] In Maart 2021 is dosyne burgerlikes om die lewe gebring en 35 000 ander verdryf met die Slag van Palma, toe Islamitiese rebelle die kusdorp Palma binneval.[16][17] Om die skrikbewind in Cabo Delgado te? te staan het Suid-Afrika in Julie 2021 onderneem om 1 500 troepe vir drie maande aldaar te ontplooi, teen 'n beraamde koste van R1 miljard.[18]

Buitelandse betrekkinge

[wysig | wysig bron]
Plekke oor die wêreld heen waar Mosambiek ambassadeurs het
Mosambiek se ambassade in Washington, D.C.

Alhoewel alliansies wat dateer uit die Mosambiekse onafhanklikheidsoorlog steeds relevant bly, het Mosambiek se buitelandse beleid toenemend pragmaties geword. Die twee pilare van die beleid is handhawing van goeie betrekkinge met sy bure en instandhouding en uitbreiding van bande met ontwikkelingsvennote.

Gedurende die 1970's en vroe? 1980's was die buitelandse beleid van Mosambiek onlosmaaklik verbonde aan die stryd om meerderheidsregering in Rhodesi? en Suid-Afrika, sowel as die supermagkompetisie en die Koue Oorlog. Mosambiek se besluit om die Verenigde Nasies se sanksies teen Rhodesi? af te dwing en die Rhodesiese guerilla's te ondersteun, het daartoe gelei dat Ian Smith se regime openlike en geheime aksies onderneem het om die land te destabiliseer. Alhoewel die regeringsverandering in Zimbabwe in 1980 hierdie bedreiging verwyder het, het die apartheidsregering in Suid-Afrika voortgegaan om die destabilisering van Mosambiek te finansier.

Die Nkomati-ooreenkoms van 1984, alhoewel dit nie daarin geslaag het om die Suid-Afrikaanse steun aan RENAMO te be?indig nie, het aanvanklike diplomatieke kontak tussen die Mosambiekse en Suid-Afrikaanse regerings geopen. Hierdie proses het momentum gekry met die uitskakeling van apartheid in Suid-Afrika, wat uitloop op die totstandkoming van volle diplomatieke betrekkinge in Oktober 1993. Terwyl die betrekkinge met die naburige Zimbabwe, Malawi, Zambi? en Tanzani? af en toe spanning toon, bly Mosambiek se bande met hierdie lande steeds sterk.

Demografie

[wysig | wysig bron]

Bevolkingsontwikkeling

[wysig | wysig bron]

Volgens die laaste sensus voor onafhanklikwording, wat laat in 1970 gehou is, het Mosambiek 'n bevolking van 8,233 miljoen gehad, onder wie 187 400 merendeels Portugese blankes, 39 300 mesti?os (kleurlinge), 18 400 Indi?rs (veral Goanese) en 2 700 Chinese (meestal immigrante uit Macau). 'n Betreklik ho? groeikoers (wat nog in Augustus 2017 op 3,5 persent beraam is) het die bevolking sedertdien vinnig laat styg tot 28,9 miljoen vroeg in 2018. Dit maak van Mosambiek die tweede mees bevolkte land in Suider-Afrika, na Suid-Afrika en voor Angola.

Die blanke bevolking het Mosambiek na die land se onafhanklikwording in 1975 grotendeels haastig verlaat, en slegs sowat 20 000 inwoners van Portugese afkoms het in Mosambiek aangebly. Intussen word die getal Portugese in die land weer op sowat 160 000 beraam. Naas tegnici en ander deskundiges, wat by die land se heropbou betrokke is, is daar ook nuusberigte oor ekonomiese vlugtelinge uit Portugal wat weens die resessie in hul geboorteland geen heenkome kan vind nie en as onwettige buitelanders Mosambiek binnegekom het.[19]

Ho?rskool Josina Machel in Maputo

Portugees het bevoorregte status as amps- en verkeerstaal en as die medium van onderrig en die mediabedryf. Die ampstaalstatus van Portugees word verskans in artikel 10 van die Mosambiekse grondwet van 2004. Volgens die sensus van 2007 is sowat die helfte van die bevolking Portugees as tweede taal magtig. Sowat twaalf persent van Mosambiekers praat Portugees as moedertaal, in Maputo word dit selfs deur 'n kwart van die bevolking as huistaal gebesig. Daarnaas word 'n veertigtal Afrikatale gebesig, waaronder Makua, Changana, Sena, Chilomwe en Swahili.

Gedurende die koloniale tydperk was Portugees die enigste amps- en onderwystaal wat ook as medium in sendingskole gebruik is. Nog tot in 1961 het die Portugese koloniale owerheid 'n onderskeiding gemaak tussen sogenaamde civilizados (inheemses wat Portugees magtig was) en n?o-civilizados (Mosambiekers wat geen kennis van Portugees gehad het). Slegs een persent van die swart bevolking is as civilizados geklassifiseer en was Portugees sowel in sy gesproke asook sy geskrewe vorm magtig. 'n Groter persentasie swartes, wat in aanraking gekom het met Portugeessprekendes, kon Portugees vlot praat. Bykans alle blanke kinders het formele skoolonderwys ontvang – in teenstelling met hul swart landgenote van wie 97 persent ongeletterd was.

Die koloniale oorlog het die status van Portugees nie geraak nie. Met uitsondering van enkele swart stryders, wat in buurlande in 'n Engelssprekende omgewing verkeer het, het FRELIMO van begin af Portugees as 'n medium van nasionale eenheid (lingua da unidade nacional) beskou waardeur alle stamverskille oorbrug sou word.

Die FRELIMO-regering se taal- en onderwysbeleid ná onafhanklikwording was daarop gemik om geletterdheid te verhoog. Portugees het die onbestrede ampstaal in alle staatsinstellings en die onderwyssektor gebly. Daar was nouliks pogings om inheemse tale as onderrigmedium te gebruik.[20]

Godsdienste

[wysig | wysig bron]

45 persent van Mosambiekers is aanhangers van natuurgodsdienste, 37 persent is Christene en 18 persent Soennitiese Moslems (veral in noordelike streke en in die kusgebiede wat histories aan Arabiese invloede blootgestel was).

Administratiewe verdeling

[wysig | wysig bron]
'n Lugaansig van Maputo
Avenida Amílcar Cabral op Mosambiek-eiland (Ilha de Mo?ambique). Die eiland word sedert 1991 as Unesco-wêrelderfenis gelys

Mosambiek word in administratiewe opsig in tien provinsies en die hoofstad Maputo (Cidade), wat provinsiale status geniet, verdeel. Die provinsies word verder verdeel in 154 distrikte (distritos), 419 administratiewe poste (postos administrativos) en 1 052 nedersettings (localidades).

  1. Cabo Delgado
  2. Gaza
  3. Inhambane
  4. Manica
  5. Maputo (stad)
  6. Maputo (provinsie)
  7. Nampula
  8. Niassa
  9. Sofala
  10. Tete
  11. Zambezia
Map of Mozambique with the province highlighted
Map of Mozambique with the province highlighted

Ekonomie

[wysig | wysig bron]

Ekonomiese sektore

[wysig | wysig bron]
'n Groep vroue in Beira is besig om rys te stamp
Nacala, gele? aan die Baía de Fern?o Veloso, het naas sy diepseehawe en drie sementaanlegte ook potensiaal as toeristebestemming

Met 'n jaarlikse per capita-inkomste van VSA-$515 ($1 300 volgens koopkragpariteit) word Mosambiek steeds onder die armste lande op aarde gereken. Op die Menslike Ontwikkelingsindeks word die land as die 181ste van altesaam 188 state geranglys.[21]

Die landbousektor is, wat werkskepping betref, steeds die belangrikste ekonomiese bedryf in Mosambiek waarin sowat tagtig persent van die ekonomies aktiewe bevolking werksaam is. Die oorrote meerderheid Mosambiekse huishoudings beoefen bestaansboerdery en het nie toegang tot markte nie. Die lys van kontantoeste bly beperk tot produkte soos tabak, suiker, tee, katoen en kasjoeneute. Ondanks gunstige landboukundige toestande is Mosambiek tans 'n netto invoerder van landbouprodukte soos graan en rys. Invoere voorsien in meer as 90 persent van die land se behoeftes. Die Mosambiekse suikerbedryf trek voordeel uit 'n voorkeurooreenkoms met die Europese Unie (EU) wat vir suikerprodusente vrye toegang tot die EU-mark teen vaste pryse sonder doeanes en kwotas verseker.

Vissery speel 'n belangrike rol. Die land beplan tans om sy kus- en seegebied teen onwettige visvangs en seerowery te beskerm.

Die landbousektor het in 2017 24,3 persent tot die bruto binnelandse produk bygedra, die nywerheidsektor 23 persent en die tersiêre of dienstesektor 52,8 persent. Die informele sektor voorsien 'n bron van inkomste aan baie Mosambiekers wat nie werk in die formele sektor kan vind nie. Die industri?le sektor se bydrae is beperk tot enkele grootskaalse projekte in die suide van Mosambiek.[22]

Die fokussering op 'n klein aantal prestige-projekte is een van die opvallendste swakpunte van die Mosambiekse ekonomie, naas die tekort aan effektiewe diversifisering. Masjiene en uitrusting word grotendeels ingevoer, terwyl plaaslike ondernemings nouliks betrokke is by prestige-projekte. Tot dusver trek net enkele bedrywe soos die bousektor enige voordeel daaruit, die plaaslike vervaardigingsbedryf kan nie meeding of deelneem in die waardeketting van sulke projekte nie.[23]

Nogtans het grootskaalse projekte in die primêre sektor en omvangryke regstreekse buitelandse beleggings, wat daaruit voortgespruit het, in die eerste twee dekades van die 21ste eeu bygedra tot konstant ho? groeisyfers, met 'n gemiddeld van 7,3 persent tussen 2005 en 2015. Noemenswaardige projekte sluit die Mozal-aluminiumsmeltery in Matola naby Maputo en die Moatize-steenkoolmyn in wat deur die Brasiliaanse mynboureus Vale – naas die Rio Tinto-groep en BHP Billiton een van die drie grootste rolspelers in die internasionale mynboubedryf – bedryf word. Vale het meer as agt miljard VSA-$ belê om die myn te ontwikkel. Daarnaas het ook 'n spoorlyn ontstaan om steenkool oor 'n afstand van 912 km tot die diepseehawe Porto de Nacala in die noorde van Mosambiek te vervoer. Nacala is die diepste natuurlike seehawe langs die ooskus van Afrika.

Die aardgasreserwes, wat deur twee ondernemings – Anadarko en Eni – in die Rovumabekken langs die Mosambiekse kus ontdek is, word op 190 triljoen kubieke voet (5,7 biljoen kubieke meter) beraam en het die potensiaal om ekonomiese groei merkbaar aan te dryf deur die vestiging van nuwe bedrywe soos raffinaderye, gaskragsentrales, die bou van pyplyne en die oprigting van kunsmisaanlegte.[24]

Streeksongelykhede

[wysig | wysig bron]

Streeksongelykhede in ekonomiese ontwikkeling en infrastruktuur bly 'n ernstige vraagstuk. Daar is steeds groot ekonomiese verskille tussen stedelike en landelike omgewings, die relatief goed ontwikkelde suide van die land en streke in Noord- en Sentraal-Mosambiek. Tans is die provinsie Maputo die ekonomiese spilpunt van die land. Die beplande ontginning van steenkool- en aardgasreserwes in respektiewelik die noordweste (Tete) en noorde (Cabo Delgado) sal moontlik tot 'n meer gelykmatige ekonomiese ontwikkeling bydra.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 (en) "Mozambique". Central Intelligence Agency. Besoek op 15 Januarie 2025.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Mozambique". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2024. Besoek op 15 Januarie 2025.
  3. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 15 Januarie 2025.
  4. (en) "Gini index – Mozambique". Wêreldbank. Besoek op 15 Januarie 2025.
  5. (en) Dr Bernard Stonehouse (red.): Philips' Illustrated Atlas of the World. London: Guild Publishing 1985, bl. 167
  6. (en) "Mozambique: Islamist Raids Continuing in Mocimboa Da Praia". AllAfrica.com. 5 Desember 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2017. Besoek op 27 Desember 2017.
  7. (en) History. ilhademo.net
  8. (en) M. D. D. Newitt (1972). "The Early History of the Sultanate of Angoche". The Journal of African History. 13 (3). Cambridge University Press: 398. doi:10.1017/S0021853700011713. JSTOR 180586. Besoek op 14 Julie 2024.
  9. (en) Philip Briggs (hersien deur Sean Connolly): Mozambique – the Bradt Travel Guide. 6de uitgawe. Chalfont St Peter: Bradt Travel Guides 2014, bl. 13
  10. (de) www.bpb.de, 24 Oktober 2016: "Sie kamen quasi mit leeren H?nden zurück". Besoek op 10 Julie 2018
  11. (en) "'Jihadists behead' Mozambique villagers". BBC News. 29 Mei 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2018. Besoek op 11 November 2019.
  12. (en) "Religious unrest in Mozambique – in pictures". the Guardian. 30 Augustus 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2019. Besoek op 11 November 2019.
  13. (en) "Mozambique country profile". BBC News. 19 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2019. Besoek op 11 November 2019.
  14. (en) "ISIS take over luxury islands popular among A-list celebrities". News.com.au. 18 September 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2020. Besoek op 19 September 2020.
  15. (en) Hanlon, Joseph (19 September 2020). "Mozambique: Police Claim Control Of Empty Mocimboa, From A Distance". allAfrica.com. Besoek op 2 Junie 2021.
  16. (en) "Rebels leave beheaded bodies in streets of Mozambique town". AP NEWS. 29 Maart 2021. Besoek op 30 Maart 2021.
  17. (en) "Mozambique: Dozens dead after militant assault on Palma". BBC News. 29 Maart 2021. Besoek op 30 Maart 2021.
  18. (en) "Mozambique: Dozens dead after militant assault on Palma". BBC News. 29 Maart 2021. Besoek op 30 Maart 2021.
  19. (de) www.welt.de, 29 September 2012: Die Rückkehr der portugiesischen Kolonialherren. Besoek op 4 Julie 2018
  20. (de) colonialvoyage.com: Portugiesisch in Mosambik: Sprachgeschichte, Sprachsituation und Sprachpolitik – ein überblick. Besoek op 4 Julie 2018
  21. (de) LIPortal L?nder-Informations-Portal: Mosambik. Besoek op 13 Julie 2018 [dooie skakel]
  22. (de) LIPortal – Das L?nder-Informations-Portal: Mosambik – Wirtschaftslage. Besoek op 4 Julie 2018 [dooie skakel]
  23. (de) GTAI Germany Tade and Invest, 2 Maart 2017: SWOT-Analyse Mosambik. Besoek op 10 Julie 2018 [dooie skakel]
  24. (de) GTAI, 2 Maart 2017

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
猫有什么品种 夸瓜读什么 湿疹为什么一热就出来 植物的根有什么作用 商朝后面是什么朝代
咖喱块什么牌子的好 利是是什么意思 什么是abo文 红润润的什么 什么身什么骨
闪婚是什么意思 大什么小什么 什么是有意义的东西 什么是正颌手术 4ever是什么意思
牙痛吃什么药好 什么是肺结节 过氧化氢一个加号什么意思 守字五行属什么 小孩爱流鼻血是什么原因
总感觉自己有病是什么心理病wmyky.com 奔走相告是什么意思hcv8jop8ns6r.cn 多囊卵巢综合症有什么症状hcv7jop7ns0r.cn 唇炎看什么科最好hcv8jop7ns8r.cn 梦见自己掉头发是什么意思hcv8jop4ns2r.cn
乙酉日五行属什么hcv8jop9ns9r.cn 牙龈为什么会肿痛hcv9jop1ns3r.cn 农历六月十九是什么星座hcv9jop3ns5r.cn 4月1日什么星座hcv9jop2ns1r.cn 渐入佳境是什么意思hcv9jop0ns1r.cn
ihc是什么意思hcv8jop5ns1r.cn 失足是什么意思aiwuzhiyu.com 宝宝为什么喜欢趴着睡hcv8jop4ns8r.cn 心疼是什么意思hcv7jop5ns0r.cn 肛窦炎用什么药最好hcv8jop5ns9r.cn
不什么其什么的成语hcv7jop9ns3r.cn 内分泌科主要看什么hcv9jop1ns9r.cn 无创是什么意思hcv8jop8ns4r.cn 尿痛什么原因hcv8jop4ns4r.cn 红龙是什么hcv9jop2ns7r.cn
百度