王丽坤片场庆生场面温馨 空降粉丝群有爱互动





Vrydaggebed (Arabies: ???? ???????, ?alāt al-jumu‘ah; letterlik: "gebed op die dag van byeenkoms", d.w.s. Vrydag), ook Juma-Aat of Jum-Ah genoem,[1] is 'n gebed (salaah) wat Moslems elke Vrydag in die moskee hou in plaas van die gewone middaggebed. Moslems bid gewoonlik vyf keer per dag volgens die son se hemelpad, ongeag tydsones.[2] Dit word voorgeskryf vir seuns vanaf puberteit en Moslemmans, en word ook vir Moslemvroue aanbeveel. Die woorde en bewegings van die Vrydaggebed word deur 'n imam voorgedra om dit sinchroon te hou.
Etimologie
[wysig | wysig bron]Die term al-jumu‘ah is afgelei van die werkwoord ijta'ama, wat na die "byeenkoms van mense" verwys."[3]
Betekenis
[wysig | wysig bron]Die Vrydaggebed is 'n godsdienstige verpligting wat Vrydae die plek van die daaglikse middaggebed (thoer; Arabies: ?alāt a?-?uhr) inneem. Dit is een van die mees verhewe Islamitiese rituele en een van 'n Moslem se verpligte dade.[4]
Naamvariante
[wysig | wysig bron]Streek/land | Taal | Plaaslike naam |
---|---|---|
Arabiese wêreld | Arabies | ???? ?????? (?alāh al-Jumu'ah) |
Iran, Afghanistan | Persies | ???? ???? (Namaz Jumah) |
Noord-Indi?, Oos-Indi?, Pakistan | Oerdoe | ???? ???? (Namaz e Jumma) |
Bangladesj, Wes-Bengale, Noordoos-Indi? | Bengaals | ???'?, ?????? (Jum'aa, jumma) |
Turkye | Turks | Cuma namaz? |
Azerbeidjan | Azerbeidjans | Cüm? namaz? |
Balkan | Serwo-Kroaties, Bosnies | D?uma-namaz |
Balkan | Albanees | Namazi i Xhumas? |
Pole | Pools | D?ummuah |
Spanje, Latyns-Amerika | Spaans | Yumu'ah |
Somali?, Djiboeti | Somalies | Salaadda Jimce |
Suidoos-Asi? | Indonesies, Maleis | Salat jumat, Solat jumaat |
Java | Javaans | Jemuwahan |
Oesbekistan | Oesbekies | Juma namozi, Жума намози |
Suid-Rusland | Russies | Джума-намаз |
Koerdistan | Koerdies | ????? ????? |
Anatoli? | Koerdies | Nimiya ?niyê, ???? ????? |
Xinjiang, Volksrepubliek China | Oeigoers, Chinees | ???? ??????, 主麻 |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (af) (en) The Cape Muslim Vernacular – ek soembain gou dot kom. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2019. Besoek op 16 Maart 2019.
- ↑ "Dar ul Haqq Islamic Institute – Masjed At Taqwaa" (in Arabies). Reno Mosque. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2013. Besoek op 28 September 2012.
- ↑ (en) "Hussain, Musharraf" The five pillars of Islam: Laying the foundations of divine love and service to humanity. Kube Publishing Ltd, 10 Oktober 2012
- ↑ (en) Fahd Salem Bahammam. The Muslim’s Prayer. Modern Guide. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2018. Besoek op 13 Januarie 2019.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) S.D. Goitein: "The Origin and Nature of the Muslim Friday Worship" in Muslim World 49 (1959), bl. 183–195.
- (de) Miriam Younes: Diskussionen schiitischer Gelehrter über juristische Grundlagen von Legalit?t in der frühen Safawidenzeit: das Beispiel der Abhandlungen über das Freitagsgebet. Würzburg 2010.
- (de) Hans Zirker: "Tag der Versammlung. Der islamische Freitag im Kontext von Sabbat und Sonntag." In religionen unterwegs, Zeitschrift der Kontaktstelle für Weltreligionen in ?sterreich 13, 2007, Nr. 2, bl. 10–17. Online bei der Universit?t Duisburg-Essen
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vrydaggebed.